Net die noem van die woord "verspreider" laat sekere plaaslike rolprentmakers se bloed kook. Dit is die maatskappye en individue wat bepaal watter flieks waar en vir hoe lank vertoon word. En met die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf wat aanhou groei sê vervaardigers hulle sal ander markte vir hulle produkte moet vind.