Wit rook het gisteraand uit 'n skoorsteen in die Vatikaanstad geborrel - 'n aanduiding dat 'n nuwe Pous verkies is. Kardinaal Jorge Mario Bergoglio van Argentinie sal voortaan as Pous Franciskus die Eerste bekendstaan. Dis die eerste keer dat 'n kardinaal uit die Jesuït-orde en ook iemand wat nie 'n Europeër is nie tot hierdie posisie verkies is. Maar 'n Suid-Afrikaanse priester en akademikus, wat self 'n Jesuït is, sê hy glo nie die pous se nasionaliteit sal 'n verskil maak in die Katolieke kerk se beleidsake nie.