Hoe lyk die ekonomiese vooruitsigte onder die voortgesette leierskap van President Jacob Zuma? Die ekonoom en sakeleier Raymond Parsons het in 2009 opspraak verwek met sy boek, Zumanomics - Which Way To Shared Prosperity. Challenges for a New Government. Maar dis vier jaar later en 'n volgende termyn lê waarskynlik volgende jaar vir Zuma voor. Waar staan ons na vier jaar onder Zuma en wat is die vooruitsigte? Die vrae waaroor vandag getob word, is onder meer wat die toestande is waaronder die Nasionale Ontwikkelingsplan kan slaag? Stuur ons nou op die laaste kans af om dit te laat werk? By my in die ateljee vanoggend is Prof. Raymond Parsons, deesdae Professor by Noordwes Universiteit se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.