Satanisme is 'n geloof nes enige ander. Gereelde samekomste word gehou en fundamentele morele waardes word gepreek. Moord en wrede aanvalle is nie deel van Satanisme nie. So verduidelik 'n hoofpriester van die Kerk van Satan. Tog bestaan daar verskeie wanpersepsies rondom die geloof, wat sommige ongemaklik in hulle stoel sal laat rondskuif.