Terwyl die wêreld asem ophou vir nuus oor Nelson Mandela se gesondheid, is daar toenemend berigte in die buitelandse media dat veral wit mense bang is vir 'n Suid-Afrika sonder sy geliefde oudpresident. Die burgerregte-organisasie AfriForum sê hy word oorval deur mense wat bang is... en ook die AWB is blykbaar benoud oor die 94-jarige Madiba se gesondheid - dit terwyl honderde debatte hieroor op die internet woed.