Argentinië jubel, want die nuwe pous is teen alle verwagting in Argentyns en nie, soos deur baie voorspel, die Brasiliaan, Odilo Scherer nie. Maar alhoewel meeste Argentyne in die wolke is oor die feit dat die nuwe pous hulle landgenoot is, het die media 'n paar vrae gehad oor Pous Franciscus die Eerste se rol tydens die sogenaamde Vuil Oorlog van die jare sewentig en vroeë jare tagtig.