Honderde Suid-Afrikaners en toeriste was teleurgesteld toe die son gister op Versoeningsdag nie om twaalfuur op die senotaaf in die Voortrekkermonument in Pretoria geskyn het nie. Die monument is ontwerp sodat 'n ligstraal slegs om twaalfuur op 16 Desember elke jaar op die woorde "ons vir jou Suid-Afrika" op die senotaaf val. Die dag is in die verlede Geloftedag genoem omdat dit die dag is waarop die Voortrekkers 'n gelofte aan God gemaak het om hulle te beskerm tydens die Slag van Bloedrivier. Liela Magnus doen verslag.