Die minister van finansies, Pravin Gordhan, lewer more sy jaarlikse begrotingsrede in die parlement. Die klimaat waarin die toespraak plaasvind is vanjaar effens anders as vorige jare want dit is kort voor 'n nasionale verkiesing. Om ons te help verstaan hoe dit 'n impak op die begrotingsrede kan hê, praat Anita Visser met die ekonoom Dawie Roodt en die politieke ontleder dr. Piet Croukamp.