'n Spoggerige troue kan jou 'n paar miljoen rand uit die sak uit jaag, terwyl jy teen 'n sakpasprys voor 'n landdros kan trou. 'n Regskenner reken 'n huweliksbevestiging en nodige dokumente is eintlik heel eenvoudig in vergelyking met die troues wat op tydskrifvoorblaaie pryk.