Volgens die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep (SADAG) oorweeg een uit elke vyf tieners selfmoord. Die direkteur van operasies by SADAG, Cassie Chambers, sê dit is veral tussen die ouderdomme van 15 en 19 dat tieners baie kwesbaar is vir selfmoord. Dit is hoekom bewusmakingsveldtogte in skole gevoer word. Mètzi van der Merwe het so 'n byeenkoms by die Westbury Sekondêre Skool in Johannesburg bygewoon wat deel is van die bedrywighede tydens Nasionale Tienerselfmoordvoorkomingsweek.