Die openbare beskermer, Thuli Madonsela, het vir president Jacob Zuma 'n brief geskryf waarin sy vir hom twee weke tyd gee om vir haar terugvoer te gee, oor wanneer hy sy aandeel in die Nkandla-opgradering sal terugbetaal. In die brief sê Madonsela dat dit ongrondwetlik vir Zuma is om die minister van polisie, Nathi Nhleko, te versoek om te bepaal of hy aanspreeklik is om die geld terug te betaal. Anita Visser praat hieroor met 'n politieke ontleder verbonde aan UNISA, professor Dirk Kotze.