Die sanger Steve Hofmeyr het gister 'n dringende hofbevel teen Conrad Koch, die humoris agter die buiksprekerpop Chester Missing, gekry. Hofmeyr sê die Randburgse Landdroshof het dit duidelik gemaak dat hy nie verder geteister mag word nie. Missing mag ook nie enige kontak met Hofmeyr se vennote of borge maak nie. Kwetsende of lasterlike aanmerkings oor Hofmeyr op sosiale media is ook verbied. 'n Lasbrief is vir Koch se inhegtenisneming is uitgereik en sal uitgevoer word indien hy die interdik verontagsaam.