Suid-Afrikaners word al hoe groter liefhebbers van whiskey. Die land is nou die wêreld se sesde grootste verbruiker van whiskey en die plaaslike mark het die afgelope jaar met 120 persent toegeneem. Whiskey-fynproewers van regoor die wêreld was onlangs in Sandton byeen vir die ENB Whiskey LIVE fees. Die meester-distilleerder van die Three Ships Whiskey-reeks Andy Watts sê van die whiskeys is so gesog dat kopers tot twee miljoen rand sal betaal vir 'n bottel enkelmout whiskey.