Die veteraanjoernalis en ontleder Max du Preez sê Suid-Afrika is steeds 'n werkende skip, maar hy seil in 'n storm in sonder 'n vaardige skipper. En die perfekte storm wat die huidige stelsel omver kan werp, lê dalk heelwat nader as 2020, soos Moeletsi Mbeki voorspel het.