Die Sentrum vir Grondwetlike Regte sê die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe sal slegs as suksesvol en geloofwaardig beskou word as hulle optree binne die konteks van 'n menseregtekultuur soos deur die Grondwet vereis word. Die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, het hom daartoe verbind om burgers se vertroue in die wetstoepassers en die strafregstelsel te herstel. Die sentrum het die onderneming verwelkom. Cobus Bester praat hieroor met die direkteur van die Sentrum vir Grondswetlike Regte, advokaat Johan Kruger, en met prof. Rudolf Zinn van Unisa se Departement Polisiekunde.