Die staat se eerste getuie sal vandag haar getuienis in die Noord-Gauteng Hooggeregshof voortsit. Michelle Burger bly in 'n landgoed langs Oscar Pistorius en haar huis is minder as 200 meter van sy huis af. Pistorius het skuld ontken op 'n aanklag van moord, twee aanklagte van die onwettige afvuur van 'n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Pistorius se advokaat Barry Roux sal vandag sy kruisondervraging van Burger voortsit. Pistorius het verlede jaar sy vriendin, die model Reeva Steenkamp, in sy huis in die Silver Woods-landgoed doodgeskiet.