Oppikoppi het in die vroeë jare negentig begin as 'n private konsert vir 'n handjievol mense op 'n plaas buite Northam in Limpopo. Vandag is dit een van die grootste musiekfeeste in die suidelike halfrond. Na verwagting sal duisende mense die tweede naweek van Augustus vanjaar weer tent opslaan in die stoflandskap tussen die dorings vir die 20ste Oppikoppi musiekfees. Ons wil sensitiewe luisteraars waarsku dat die bydrae 'n paar kragwoorde bevat.