Pres. Jacob Zuma se kabinetskeuses lok uiteenlopende reaksie uit. Bekwame ministers is laat gaan en ander wat in die verlede onbeholpe voorgekom het, is beloon. Die ministers kan regstreeks of onregstreeks 'n beduidende invloed op die land se ekonomie uitoefen. Dr. Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg en Hoofekonoom van die Efficientgroep, Dawie Roodt ontleed die kabinetskeuses.