As jy 'n trust gestig het om die Ontvanger 'n rat voor die oë te draai, wag daar dalk 'n ongemaklikheid op jou, om dit sag te stel. Die nuwe belastingopgawevorm vir trusts, ITR12TR om hom sy formele naam te gee, tree vandag in werking en kenners waarsku dat dit slegte nuus is vir mense wat trusts gebruik vir duistere redes. Cobus Bester praat hieroor met die voorsitter van die Nasionale Belastingsbelanghebberskomitees van die Instituut van Professionele Rekenmeesters, Ettiene Retief...