Suid-Afrika is een van die Afrikalande wat voordeel sal trek uit die ontdekking van natuurlike gas in Mosambiek en Tanzanië. Hierdie en ander verwikkelinge is vandeesweek by die sogenaamde "Gas Monetisation"-beraad in Maputo bespreek. Kenners in die energiesektor van regoor die wereld het die beraad bygewoon.