
About this episode
‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Esté praat met Silezia Pretorius wat reeds meer as 20 jaar ly aan die outo-immuunsiektes, Lupus, Scleroderma, Sjögrens en Vaskulitis. “Jy het jou goeie dae, en dan het jy jou slegte dae en dan het jy jou verskriklike slegte dae. Dit is partykeer baie moeilik op die slegste van dae om die positiewe in die lewe te sien - om te sien: is hierdie baklei die moeite werd? Is dit nie maar net beter om tou op te gooi nie? Dis ‘n geloofstryd, voortdurend. Jy worstel met die Here en vra vrae soos: ‘Here, hoekom ek?’ Ek het geleer hoe belangrik mense in my lewe is, veral wanneer ek deur ‘n moeilike tyd gaan. Ek moes myself herontdek en ek het agtergekom ek is nie my siekte nie, ek is nie die pyn nie. My lewe is kort, my lewe het ‘n doel.” Esté, wat aan die outo-immuunsiekte, Chrohn se Siekte, ly, vertel ook haar eie verhaal oor die afloop van die vier episodes.
Get every episode summarized
Each time RSG Dokumentêr publishes, we email you a written briefing from the transcript — the topics, who appeared, and any specific claims, with the ad reads skipped.
Email me new episodesFree for 3 shows. No card needed.
Hosts & guests
No transcript yet
This episode has not been transcribed. Request it and it moves to the front of the queue.
More episodes
More from RSG Dokumentêr

KOEBAAI KELDERS VAN GEHEIME deur Haidee Muller-Isaacs
RSG Dokumentêr
Sep 3, 202629:43pending

DIE GIF IN JOU HAND: DIE ONSIGBARE PRYS VAN E-ROMMEL deur Lizelle de Bruin
RSG Dokumentêr
Aug 27, 202626:38pending

DIS JOU PAD, MAGDA deur Ina Strydom
RSG Dokumentêr
Aug 20, 202626:28pending

SIEKEFONDS OF SKYNVEILIG? deur Mari Hudson
RSG Dokumentêr
Aug 13, 202625:05pending