Skip to content
TrackPodcasts
societyJan 21, 202130:00pending

'N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk - Deel 3

RSG Dokumentêr

About this episode

‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Esté praat met die akademikus, dr. Elsabé Pepler, wat reeds die afgelope vyf dekades lank veg teen die outo-immuunsiektes Ulseratiewe Kolitis, Rumatoïde Arthritis en Ankoliserende Spondilititis. “Dit word, ek dink, nogal ‘n stryd tussen jou en jou Skepper. ‘n Mens wil natuurlik weet: hoekom ek? Dit is met groot opstandigheid wat ‘n mens jou elke dag onderhandel, want ek wil myself in alle opsigte soos ‘n normale mens sien wat vir dieselfde prys kompeteer. Dit is vir my ongelooflik moeilik om te sê: ‘Ek is nie soos ander nie.’ Ek wil dit eintlik nie aanvaar nie. Ek het besef ek gaan nooit tot suksesvolle aanvaarding kom en sê: ‘Dis perfek, dis okei dat ek hierdie siekte het nie. Ek weier om dit te doen, want dan gee ek tog aan die siekte ‘n sekere outoriteit, wat ek nie wil gee nie. Baklei maar teen die siekte. ‘n Mens word moedeloos, dit word pikswart, maar baklei tog.” Esté, wat aan die outo-immuunsiekte, Chrohn se Siekte, ly, vertel ook haar eie verhaal oor die afloop van die vier episodes.

Get every episode summarized

Each time RSG Dokumentêr publishes, we email you a written briefing from the transcript — the topics, who appeared, and any specific claims, with the ad reads skipped.

Email me new episodes

Free for 3 shows. No card needed.

Hosts & guests

No transcript yet

This episode has not been transcribed. Request it and it moves to the front of the queue.

'N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk - Deel 3

RSG Dokumentêr

0:00
30:00

More episodes

More from RSG Dokumentêr

View all episodes →