'n Humanitêre ramp in Suidelike Afrika - só beskryf die president van die Pan-Afrika Landbouersorganisasie, dr. Theo de Jager, die verlammende effek van die droogte, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Botswana, Mosambiek, Zimbabwe, Namibië en Zambië. Hy waarsku dat veral kleinskaalboere swaar getref geword, en die kans staan om alles te verloor.