Rekordtemperature is gemeet in die Arktiese gebied in die noordelike halfrond. 'n Klimaatkenner, Professor Francois Engelbrecht van die WNNR sê dit het verreikende gevolge - en slegs 'n bindende internasionale klimaatsooreenkoms sal die saak dalk kan beredder.