Eskom se gebrek aan deursigtigheid is Vrydag gekritiseer tydens openbare verhore wat deur die Nasionale Energie-reguleerder gelei is. Die direkteur van Energie by OUTA, Ted Blom, sê Eskom kon nie syfers gee oor hoeveel steenkool en water hulle gebruik by die verskeie kragopwekkingsfasiliteite nie.