Die Verenigde Nasies vra dat regerings die verkoop van plastiek wat net een keer gebruik kan word moet verban of belas. In Suid-Afrika wil die kettingwinkel Woolworths teen 2020 nie meer enkel gebruik-plastiek soos sakke en eetgerei in sy winkels verkoop nie. Teen 2022 wil die maatskappy hê dat al sy plastiek verpakkings herwin en herbruik moet kan word.