Navorsers aan die Universiteit van East Anglia in Brittanje waarsku dat mense met tipe twee diabetes nie Omega 3 aanvullings moet neem nie. Anita Visser het die vetsugkenner, professor Tess van der Merwe van die Universiteit van Pretoria, gevra wat die Britte se navorsing hieroor behels het.