Die minister van Polisie, Nathi Nhleko, sê 'n ministeriële verwysingsgroep het aanbeveel dat 'n raad van ondersoek gehou word om die geskorste kommissaris van polisie, Riah Phiyega, te ondersoek. Die groep het sedert Julie verlede jaar deur die land gereis om klagtes teen Phiyega te ondersoek. Zalene Merrington berig dat senior polisielede onder andere uit hulle poste as adjunknasionalekommissarisse onthef is sonder dat hulle geraadpleeg is.