Die Suid-Afrikaanse swemmer, Chad Le Clos, sê hy sukkel om die werklikheid te verwerk dat hy die Amerikaner Michael Phelps in die 200-meter vlinderslag met vyf honderdstes van 'n sekonde geklop het. Hy sê hy is egter reg vir die volgende Olimpiese Spele wat in 2016 in Brasilië plaasvind.