Een van die groot geeste in die Afrikaanse uitsaaiwese en in die land se kultuurwêreld is dood. Joubero Malherbe het oor dekades heen haar merk gelaat in 'n breë verskeidenheid aktiwiteite. Radio-omroeper, musiekfynproewer, komponis, liriekskrywer en vele meer. En tussen dit alles deur het sy dit ook reggekry om 'n trotse ma van formaat te wees. Sy was die stigter van Unisa se sangkompetisies en het vir baie jare musiekprogramme op RSG aangebied soos Musiekposbus, die vasvraprogram Munte uit Note en Vanwaar Gehasie? Musiekposbus was langer as 20 jaar op die lug. Sy laat twee kinders en vyf kleinkinders agter. Cobus Bester praat met iemand wat oor die jare baie met Joubero saamgewerk het en haar goed geken het. John Roos is die direkteur van Unisa se internasionale musiekkompetisies. Download audio: http://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20130731_MONITOR_JOUBERO.mp3