Die kletsrymer Jack Parow sê die lede van 'n skare wat hom in Newcastle van die verhoog afgejaag het, is skynheilig. Parow, die alias van Zander Tyler, het die naweek by die Newcastle-winterfees in Kwazulu-Natal gesing. Parow het nog twee liedjies van sy vertoning oorgehad toe 'n toeskouer op die verhoog gespring het en hom wou slaan. Sensitiewe luisteraars moet kennis neem dat die volgende bydrae kru taal bevat. En die musiek is die kletsrymer Jack Parow se lied DANS DANS DANS wat hy besig was om te sing toe hy die verhoog moes verlaat. Anna-Marie Jansen van Vuuren doen verslag.