Suid-Afrika is 'n land by 'n kruispad waarvan die een 'n blink toekoms is en die ander 'n mistroostige pad. So beskryf André Oosthuizen die situasie in sy boek BUT LIGHT A BRIEF CANDLE. Hy glo dat 'n land nie deur sy leiers gevorm word nie, maar deur die deelname, betrokkenheid en passie van gewone burgers. Sy storie gaan oor mense wat betrokke is by 12 projekte om gemeenskappe op te hef. Mètzi van der Merwe doen verslag.