Sewe van Indië se 21 nuwe kabinetsministers staan tereg op verskeie aanklagte, wat wissel van ernstige misdade soos verkragting en poging tot moord, tot intimidasie. Hierdie bevindings deur die gerespekteerde Indiese nieregeringsorganisasie, The Association for Democratic Reforms, maak vandeesweek opslae in elke uithoek van 'n land waar die meeste landsburgers vuisvoos is van korrupsie.