Die gesondheidsdepartement het onlangs die Oliver Tamb-distrik in die Oos-Kaap gekies as een van sy toetsgronde vir die nuwe Nasionale Gesondheidsverskeringskema. Een van die belangrikste fasiliteite in die distrik is die Zithulele Hospitaal in die voormalige Transkei. Dit bedien 'n gebied van 'n 130-duisend mense. Baie van hulle het vigs, tuberkulose of ander oordraagbare siektes. Ten spyte daarvan sien die gemeenskap die hospitaal as 'n bron van hoop. Mia Malan het die hospitaal besoek om vas stel waarom.