Die Gupta-familie sê Suid-Afrikaners moet dankbaar wees vir die beleggings wat die familie in die land maak deur die spoggerige troue op eie bodem te hou. Volgens die regering lê die skuld by 'n senior amptenaar wat glo toestemming gegee het dat die Gupta-vliegtuig by die Waterkloof Lugmagbasis in Pretoria mag land. Die vliegtuig is intussen verskuif na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in opdrag van die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula.