'n Engelsman en sy Suid-Afrikaanse vriendin het 'n innoverende manier bedink om uitgekuierde toeriste iets nuuts te bied. Hulle antwoord? Geopolitiese toere wat jou neem na gebiede wat gereeld vir die verkeerde redes in die nuus is. Die twee is op die oomblik met 'n groep toeriste in Kief vanwaar hulle met Monitor gepraat het.