Die Suid-Afrikaanse sportgemeenskap het gister hulde gebring aan drie sportsterre wat die afgelope paar dae tragies oorlede is. Die 800 meter wêreldkampioen en silwer medalje-wenner by die 2004 Athene Olimpiese Spele, Mbulaeni Mulaudzi, die Bafana Bafana kaptein Senzo Meyiwa en die vroue-bokser Phindile Mwelase is binne drie dae van mekaar dood. Verskeie hooggeplaastes het gister se gedenkdiens by die Standard Bank-arena in Johannesburg bygewoon.