Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, NERSA, gaan binne die volgende paar weke openbare sittings hou om die omstrede kragverskaffings-ooreenkoms tussen Eskom en BHP Billiton te bespreek. BHP Billiton gebruik sowat nege persent van Eskom se totale kapasiteit om sy twee aluminiumsmelters aan die gang te hou. Monitor het intussen ondersoek ingestel en bevind dat dit nie net die verbruiker meer geld kos nie, maar ook sy gesondheid en voedselsekerheid bedreig.