Daar is toenemende kommer dat eiendomsreg in die land in die gedrang is wat ANC-wetgewing betref. 'n Ondersoek deur AfriSake dui op regeringsbeleid om eiendomsreg stelselmatig af te takel. Die regskenner en Afriforum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, en die Uitvoerende Hoof van die Vryemarkstigting, Leon Louw praat oor die wetgewing.