Die minister van Polisie, Nathi Nhleko, het die Parlement se portefeulje komitee oor Polisie versoek om die hoof van die Valke, Anwar Dramat, af te dank. Die Helen Suzman Stigting kon Dramat se skorsing in die hof ter syde gestel kry, maar Nhleko het daarteen geappeleer.