Sogenaamde lewenseinde-besluite bly 'n omstrede, sensitiewe saak vir baie. Daar was uiteenlopende reaksie op die onlangse geval waar die Kaapstadse professor Sean Davison huisaanhouding in Nieu-Seeland moes uitdien nadat hy erken het dat hy sy terminaal-sieke moeder, 'n mediese dokter, op haar versoek gehelp het om te sterf. Dis 'n optrede wat onmiddellik lei tot allerhande debatte en vrae, alles afhangende van mense se eie geloofsoortuigings en dikwels ook hulle onkunde oor wat alles betrokke is. Die organisasie Dignity SA beywer hom vir ondermeer groter seggenskap deur sterwendes in hoe hulle hulle einde tegemoetgaan. 'n Medestigter van Dignity SA is die Uitvoerende Direkteur van die Etiekinstituut, dr. Willem Landman. Hy praat hieroor met Cobus Bester.