"Dis groter as die maanlanding" sê professor Geoff Raisman van die University College London se Instituut vir Neurologie oor die oorplanting van senuweeselle van die neus se slymvlies na die rugmurg. Die praktiese gevolg is dat 'n Bulgaarse parapleeg weer met die hulp van 'n loopraam kan beweeg.