Die probleme wat sedert die waterskeidingskongres van COSATU in 2011 ondervind word, is tot 'n spits gedryf toe NUMSA Vrydag uit die vakverbond geskors is. Boonop het agt ander wat daarop aanspraak maak dat hulle die helfte van COSATU se ledetal verteenwoordig, gister met onmiddelike effek, tydelik uit Cosatu onttrek. Anita Visser praat hieroor met prof. Dirk Kotze van UNISA, en 'n kenner op die gebied van arbeidsverhoudings van die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoek-kampus, prof. Christo van Wyk.