'n Erediens en nagwaak sal vanmiddag vir die voormalige veteraanuitsaaier van die SAUK, Christopher Bennett, by Palm Beach aan die suidkus van Kwazulu-Natal gehou word. Die sewentigjarige Bennett is Sondag in Port Shepstone weens longongsteking en bronchitis oorlede. Sy uitsaailoopbaan strek oor drie dekades van 1960 tot 1994. Hy word beskou as een van die SAUK se beste radionuuslesers, aanbieders en onderhoudvoerders. Hy was ook een van die eerste mense om in 1976 in televisie in Suid-Afrika te begin werk.