Die Penzance laerskool in Durban is trots op die prestasie van hulle voormalige leerling, Chad le Clos. Die 20-jarige Olimpiese goue medaljewenner het die wêreld verstom toe hy die Amerikaner, Michael Phelps, in die 200 meter vlinderslag met vyf honderdstes van 'n sekonde geklop het.