Burgeroorlog is 'n groot gelykmaker. Dit het kollega Foeta Krige uitgevind toe hy 'n Katolieke kerk in die Chistendorpie Al-Asthy-da in die noorde van Sirië besoek het. Tien Moslem gesinne wie se huise deur regeringstroe vernietig is, het hier 'n heenkome gevind. Die dorpie is in 'n gebied wat swaar deurgeloop het onder gevegte tussen regeringstroepe en die Vrye Siriese Leër.