Die voormalige ANC-swaargewig, Ronnie Kasrils, is die naweek verkies tot die beplanningskomitee vir die United Front. Die aktivis Zachie Achmat en ander voormalige ANC-lede is ook deel van die komitee. Volgens Kasrils het 'n nuwe politieke rolspeler dringend noodsaaklik geword.